Sunday 9 September 2012

Vryburg Hoërskool





WAPEN

Die skool se leuse is "Carpe Diem" wat beteken "Gryp die geleentheid vas" (d.w.s. moenie dat dit verbyglip nie). 






DIE 3 BENNIES
Gedurende 1947 is drie seuns (al drie met die naam Bennie) in 'n busongeluk oppad na 'n rugbywedstryd oorlede.Hul dood word steeds jaarliks herdenk om ons bewus te maak daarvan om dankbaar te wees vir elke veilige rit.  Tydens die herdenking word ook erkenning gegee aan die veelsydigste leerder. 











Die skool spog met uitstaande sport resultate.  Die leerders word blootgestel aan verskillende sportsoorte en kan o.a kies uit die volgende sportsoorte:

Rugby: Dit is natuurlik baie gewild en wat besonders is, is dat Vryburg se gemeenskpa ook nog skole rugby ondersteun en nie net noodwendig die ouers nie. 
Puk 16 - 0/16 Rugby trofee0/16 Rugby-span is die 2012 Puk-16 sportreeks wenners




Rugbyskooltrofee
Hoërskool Vryburg het ook die trofee ontvang as Rugbyskool van 2012 van die Puk-16 sportreeks vir die vierde jaar in 'n ry!





Atletiek: 'n Tendens is dat atletiek se gewildheid onder leerders begin taan, maar Vryburg doen nog moeite en lewer nog goeie sport manne en vroue op.  Leerders wat graag wil presteer begin reeds  vroeg al oefen vir die atletiekseisoen en kry ondersteuning van die onderwysers.  Bv. soos Brenden Jonker - Vir meer fotos sien die skool se webwerf.  



Brendan Jonker wen die Senior Victor Ludorum en word ook aangewys as beste o/17 baanatleet.



HOKKIE:  Soos die foto uit hul webwerf kan ons sien dat hul dit geniet en ek is seker die sportmansgees wat ook met enige sport gepaard gaan beteken vir 'n kind se ontwikkeling baie. (ek hoop daai been het gou herstel)





Meisies 1ste Hokkie span 2012

NETBAL: Onder die meisies is netbal ook 'n gewilde sport.  Soos met ander sportsoorte word toere gereel en sit onderwysers ekstra in soos ook om naweke en vakansies op te offer.   Maar die beloning van leerders met gesonde liggaam en gees, maak dit die moeite werd. 



SOKKER: Dis nie net rugby wat aandag kry nie, die skool spog met 'n hele aantal sokker spanne met leerders wat hul sport geniet en pragtig presteer. 





VRYBURG HOëRSKOOL PRESTEER IN WISKUNDE
Vryburg Hoërskool se 2010 gr. 12 wiskunde leerders met hul onderwysers het met hul prestasie vir die skool 'n trofee ingepalm.  Die skool is aaangewys as die skool wat die beste uit 78 skole in wiskunde presteer het.  Al die leerders het bo 40% behaal. Met die matriek eindeksamen van 2011 was daar slegs 2 druipelinge. Vir 'n skool met klasse van tot 40 leerders, wat uit die aard van die saak baie dissipline verg, wil dit gedoen wees.   




























































No comments:

Post a Comment